HEIDELBERG NUUS - Werkers by 'n plaaslike myn buite die dorp het onlangs 'n fondsinsamelingsfunksie gehou met die doel om bewusmaking te kweek.
Die tema was 'Verskeie kleure van kanker'. Sr. Desiree van Deventer van die plaaslike kliniek en Percival Davids (35), 'n werker wat 'n tydjie gelede met Hodgkin's lymphoma gediagnoseer is, was van die gassprekers.
June Davids, prinsipaal by Heidelberg ABET het die verrigtinge met 'n Skriflesing en gebed geopen.
Van Deventer het 'n kort, dog sinvolle oorsig van kanker gegee. Percival het in sy motiverende toespraak vertel hoe hy as 'n kankerlyer voel en dat hy positief is dat hy sy droom sal verwesenlik om sy twee kinders te sien grootword en 'n sukses van hul lewe maak.
Verskeie speletjies is gespeel, waartydens aanwesiges vrae oor kanker moes beantwoord. Wimpy Heidelberg het geskenkbewyse aan ses wenners geskenk. Pryse vir gelukstrekkings is deur 'n plaaslike winkel geskenk.
Die aand is met heerlike versnaperings afgesluit.
Werkers by 'n plaaslike myn buite die dorp het onlangs 'n fondsinsamelingsfunksie gehou met die doel om bewusmaking te kweek.
Die aand is met heerlike versnaperings afgesluit.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'