ALBERTINIA NUUSFLITS - Twee vermeende dwelmhandelaars is op Donderdag 25 Januarie gearresteer en nog vier op Dinsdag 30 Januarie, waaronder een 'n vrou.
In die eerste geval is die twee mans onderskeidelik op drie en twee klagtes vir die handeldryf in tik, mandrax en dagga in die Albertinia polisiëringsgebied gearresteer.
Hulle was deur die gemeenskap geïdentifiseer as middelfigure in die aktiewe dwelmnetwerk in Hessequa.
Beide hierdie handelaars was by Albertinia-landdroshof gearresteer waar hulle toevallig op dié dag op 'n dwelmverwante aanklag verskyn het.
In die tweede geval was vier vermeende dwelmhandelaars, 'n vrou (30) en drie mans tussen die ouderdomme van 32 en 39 gearresteer op verskeie aanklagte rakende handel met dwelms op die dorp.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'