STILBAAI NUUSFLITS - Nog 'n dwelmsmokkelaar is op drie klagtes van handeldryf na 'n intense en tydsame ondersoek op 18 Januarie in hegtenis geneem.
'n Bedekte ondersoek is geloots na inligting deur die gemeenskap aan die polisie verskaf is rakende die aktiwiteite van die vermeende handelaar.
Konstabel Christiaan Zwiegelaar het die 26-jarige man in 'n lokvaloptrede met drie geleenthede betrap waar hy tik, dagga en mandrax verkoop het.
Hy kan tot en met 25 jaar tronkstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'