VERMAAKLIKHEID NUUS - Inwoners van Vermaaklikheid werk hard daaraan om ’n nuwe kleuterskool tot stand te bring na die vorige een gesluit het.
Die kleuterskool word in ’n ou Laerskool ingerig wat leegstaan op die eiendom van die gemeenskapstrust.
Volgens Lezane Bam, ’n gekwalifiseerde onderwyser, is sowat 17 kleuters tussen een en vyf jaar oud ingeskryf, maar die getal kan moontlik aangevul word met nog kleuters uit die dorp.
Die skooltjie het tafeltjies en stoeltjies, maar kort heelwat ander goed, soos matrassies, speelgoed en speeltoerusting en opvoedkundige hulpmiddels.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Tuinroete nuus'