RIVERSDAL NUUS - 'n Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergadering vind op Dinsdag 10 April om 18:00 in die lesingslokaal van die polisiestasie plaas.
Poste is tans beskikbaar vir persone uit die gemeenskap om op die GPF te dien. Beskikbare poste is onder meer die van voorsitter, ondervoorsitter en projekkoördineerder.
Alle belangstellende inwoners word genooi om hierdie belangrike vergadering by te woon. ''Die forum is die mondstuk om die gemeenskap bewus te maak van belangrike projekte omtrent veiligheid en terugvoer oor misdaad in die gebied.
Vir meer inligting kan Beth Paine by 073 171 1001 of sers. Johannes Busch by 071 061 5243 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'