HEIDELBERG NUUS - Inwoners van Heidelberg het Saterdagoggend 21 September met groot kommer ’n donker rookwolk wat oor die dorp gehang het, dopgehou.
’n Veldbrand het in die Duivenhoks-rivierloop naby die Skoolkop en Bo-dorp woonbuurte uitgebreek.
Geen huise was egter in gevaar nie en die dorp se brandbestryders het vinnig die situasie onder beheer gebring.
Die toneel na die veldbrand geblus is.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'