Die nuutste toevoeging is 'n ma-en-seun-oggend wat op Vrydag, 26 September gehou sal word, waartydens Jana du Plessis as gasspreker sal optree.
Hulle is reeds besig met die beplanning vir die baie gewilde jeugweek en pa-en-seun-aand wat in Februarie aangebied sal word.
Dit beloof om weer eens volgende jaar 'n groot seën te wees.
Met weeklikse jeugaande, Bybelstudies en bidure sorg hierdie bestuur vir geestelike verryking van elke Oakdaler.

Die VCSV-bestuur is agter van links AJ van Wyk, Nicolaas Basson, Zak Liebenberg en Luan Lategan. In die middel is Pierre Blignaut, Attie Engelbrecht en HJ de Bruyn. Voor is Stander Terblanche (geestelike leier), Awie Botes (onder-voorsitter), Theunis Raubenheimer (voorsitter) en Willie Viljoen (geestelike leier).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'