STILBAAI NUUS - Inwoners is raadop met vandalisme in die dorp nadat die wandelroetes in die omgewing van die toerismeburo- en inligtingsentrum die langnaweek van 9 Augustus weer deurgeloop het.
Plante is stukkend geslaan, terwyl een van die bankies in die water gesit en 'n aanwysingsbordjie afgebreek is.
Die bordjies en bankies word deur inwoners op eie onkoste aangebring om die omgewing te verfraai.
Volgens inligting by foto's wat op sosiale media geplaas is, word 'n groep kinders gereeld in die omgewing opgemerk hoewel daar nie gesê word dat dit wel kinders is nie. 'n Beroep word op almal gedoen om die vandale vas te vat sodat die wandelroetes en natuurskoon behoue sal bly omdat dit soveel vreugde vir inwoners en besoekers, oud en jonk verskaf.
Gedurende die Desembervakansie moes verskeie padaanwysingsborde vervang word nadat dit deur vandale uitgetrek of afgebreek is.
Die bankie is van sy oorspronklike plek verwyder en in die water gesit.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'