STILBAAI NUUS - Daar was gedurende die feestyd weer heelwat berigte van vandalisme in Stilbaai.
Die publieke toilette by die riviermond het deurgeloop, Tuin-Op-Die-Brak is nie gespaar nie en kennisgewingborde is flenters geslaan, terwyl plante ook uitgeruk is.
Selfs borde soos die van eiendomsagente en ander is flenters geslaan of afgebreek.
Bottels is gebreek by Morrispunt tussen die hoogwater- en laagwatermerk.
Party mense sal sê dit was geïsoleerde voorvalle en ander sal weer sê dat dit nie noodwendig net vakansiegangers is nie.
Dit kan waar wees, maar sulke voorvalle getuig maar net van 'n swak opvoeding en 'n land met amper geen morele kompas meer nie.
Moet ook nie sê dat dit drank se skuld is nie, want net 'n lafaard drink om te kan vandaliseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’