STILBAAI NUUS - Vir die tweede keer in enkele maande het vandale in dié kusdorp se strate toegeslaan.
Hierdie keer het 'n selfsorgeenheid in die hawegebied se advertensiebord onder verf deurgeloop en 'n paar eiendomsagente se borde is beskadig.
In April vanjaar is padtekens en 'n vullisblik langs Hoofweg-Oos beskadig. V
olgens ao. Morné D'Emiljo van Stilbaai-polisie is hulle van mening dat dit die werk van kwajongens is en nie dat sekere plekke en besighede geteiken word nie.
Vandalisme gedurende vakansietye kan ook die werk van verveelde kinders wees, óf boelies wat groepsdruk toepas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'