RIVERSDAL NUUS - Die Green Fingers-tuinbouklub is op Woensdag 10 Oktober met vars druiwesap uit Sally en Pieter Louwrens se organiese tuin op Van Wyksdorp verras.
Die Louwrens-egpaar het hulle gewys dat 'n gesonde leefstyl bekostigbaar is en met genoeg kwaliteit tyd, wat kunsterapie insluit, maklik verkry kán word. Hulle boorde is toegespan teen roofdiere en die groente- en kruietuin 'n bron van informasie en produkte. Pieter se innoverende saailingrakkie het baie beïndruk.
Die galery op die dorp het vele handgemaakte items van kunstenaars in die omgewing opgelewer.
By Jack Lewis, Klapperbos het hulle uiteindelik gesien hoe die proses van plant tot by produk verloop. Hulle het ook geleer dat yarrow (achillea millefolium), met sy mooi pienk kantblomme wespe lok wat eiers op die skadelike insekte lê en hul so uitwis.
'n Gesellige ete by Spekboom met lafenis van tuisgemaakte ystee was vrolik en is vergesel deur André van die Gouritz-biosfeer. Hy het 'n openbarende toespraak oor groentetuine in die gemeenskap gelewer wat gelei het tot opheffing van die gesinstruktuur, werkverskaffing, selfrespek en die skole se sanitasie en selfsorgmoontlikhede uitgebrei het.
Liz Eglington by Blue Sky Organics (olyfplaas waaruit internasionale uitkomste verkry word) het hul laat regopsit. Sy het hulle vertel dat onkundigheid tot die dood kan lei. "Mense wat kanker en ander outo-immuunsiektes kry en nie besef dat die liggaam geskape is om self te genees nie, skep groot probleme."
Die klub het hier van 'n sekere soort gifstof geleer wat na 'n hooggeregshofbevel deur die staat van Kalifornië teen Monsanto verban is. Volgens haar word hierdie gifstof steeds vrylik in ons land gebruik. 'n Bestanddeel in die produk is kankervormend.
"The world suffers a lot. Not because of violence or bad people, but of the silence of good people," aldus Napoleon.
Elkeen wat saam met hul 'n verskil wil maak, of meer wil uitvind, skakel hul by 028 713 3061.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'