STILBAAI NUUS - Vol verwagting het 22 van Busy Lizzy huis- en tuinklub in die koue ná die welkome reën na Groot-Brakrivier vertrek.
Hulle eerste kuierplek was by Brothers Coffee Roastery, waar hulle geurige koffie geniet het en ook oor die koffieplek se besondere koffiebone van Uganda ingelig is.
Hul wenke ten opsigte van die brou van koffie het ook groot byval gevind.
Vandaar is die groep na die Proteaplaas Santa Bonn, waar uitvoerblomme gekweek word en wat 'n asemrowende verskeidenheid proteas het. Daarna besoek hulle Friemensheim, vroeër 'n Duitse sendingstasie, waar hulle gul ontvang en met vele lekkernye getrakteer word. Hulle leer ook oor die werkskeppingsprojek met Shweshwe-lap en besoek die kwekery met 'n verskeidenheid laventel en 'n veelkleurige botteltuin.
Tydens die heerlike ete by The Village op Bottlierskop word lekker gekuier voor hulle weer na Groot-Brakrivier vertrek. Daar het hulle Cecile Hough se kruietuin besoek en haar hemelse 7-kruietee geniet. Op pad terug het hulle vir oulaas by Rococo Chocolate gestop waar handgemaakte Belgiese sjokolade wat in jou mond wegsmelt, gemaak word.
Die groep van Busy Lizzy huis- en tuinbouklub.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'