HEIDELBERG NUUS - ‘n Wakker winkeleienaar van Heidelberg het gesorg dat twee mans, onderskeidelik 22 en 35 jaar Vrydag, 16 April vasgetrek word na hulle met ‘n vals R200 sigarette wou koop.
Die mans is vermoedelik deel van ’n sindikaat wat in die Suid-Kaap-streek bedrywig is waar hulle inwoners, maar veral besighede met die slenter probeer vang.
Die verdagtes is op aanklag van besit van vervalste note aangekla en het Maandag, 19 April in die hof verskyn.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'