ALBERTINIA NUUS - 'n Nuwe toerisme-trekpleister het Donderdag 6 Desember op Tuinplaas, net buite die dorp oopgemaak.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, het Fairy Gardens en Mini Town amptelik geopen.
Sowat 40 genooide gaste is op 'n toer van die bestaande volstruis 'republiek', museum, Fairy Gardens en Mini Town deur Theuns Coetzee, eienaar van Tuinplaas, geneem.
Een van die grootste versamelings modelvoertuie, trekkers en trokke in Suid-Afrika was ook deel van die toer.
Die eienaar van die versameling, Louis de Jager, het die groep meegedeel dat hy amper 50 jaar hierdie modelle versamel en steeds aankoop.
Die burgemeester het die Coetzee-familie bedank vir hul werk wat toerisme in die streek help bevorder.
Louis de Jager is aan die woord.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'