HEIDELBERG NUUS - Die jong man wat daarvan aangekla is dat hy verlede jaar sy buurvrou wreed in haar huis aangerand het, is in die Riversdal-streekhof skuldig bevind en tronkstraf opgelê.
Marlon Hartnick van Slangrivier is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, skuldig bevind is.
Hy was 21 jaar oud tydens die aanranding op die slagoffer, Surina Daries (51), in die vroeë oggendure van 16 April 2016.
Tydens die verhoor op Heidelberg het groepe bekommerde inwoners van Slangrivier gereeld die hofverrigtinge bygewoon om sy borgtog teen te staan.
Hy is ook uit die dorp verban toe borgtog wel toegestaan is.
In nog 'n saak in die streekhof is Pearwin October (20) op aanklag van roof skuldig bevind en is hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hy is op 21 Desember 2016 op aanklag van roof gearresteer.
Klik hier vir vorige artikels:
• Aanrander weer in hof
• Jong vermeende aanrander verskyn weer
• Vrou wreed aangerand
• Opvolg: Vrou wreed aangerand
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'