RIVERSDAL NUUSFLITS - Die derde Baleia Wines-bergfietsren vind vanjaar op Saterdag 8 September by Baleia Wines & Olive Oil se kelders net buite die dorp plaas.
Velddrawwers en -stappers sal dit vir die tweede jaar kan aanpak.
Fietsryers kan tussen ‘n 20 km- en 63 km-roete kies wat hulle van die kelders en proelokaal in die rigting van Albertinia sal neem.
Die trail run is laas jaar vir die eerste keer aangebied en was uiters gewild. Vanjaar kan hardlopers en stappers tussen twee afstande kies – ‘n 6.5 km- of 16.5 km-roete.
Dié roetes bestaan uit grondpaaie en voetpaadjies wat deelnemers deur valleie en deur landerye en selfs ‘n plantasie sal neem.
Inskrywings kan reeds aanlyn by www.baleiawines.com gedoen word met voorafinskrywings wat op 3 September sluit.
Registrasie kan ook Vrydag (7 September) by Baleia Wines se proelokaal gedoen word, terwyl deelnemers Saterdagoggend van 06:30 ook by die kelders en proelokaal kan inskryf.
Al die inligting en inskrywings is beskikbaar by www.baleiawines.com
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'