Update Video
STILBAAI NUUS - Die hawe het behoorlik gewemel tydens die Militêre Akademie van Saldanha se Trans Enduro-spanne se besoek op Woensdag 5 Desember.
Die Trans Enduro is 'n gemeenskapsprojek deur die eerste- en tweedejaar studente van dié akademie.
Hulle gaan na verskeie munisipale gebiede waar hulle werkies in die gemeenskap doen.
Daarmee saam het hulle ook die uithouspanne (endurance teams), wat uit hardlopers, fietsryers en bootspanne bestaan.
"Die akademie het ook 'n span op land, of die blikkieskud-span wat geld insamel sodat ons hierdie goeie werke vir die volgende jaar kan volhou," sê lt. Patrick van Niekerk.
Vanjaar konsentreer hulle op grondslagfase-opvoeding en deel ook sanitêre doekies by skole uit. Laerskool Melkhoutfontein is een van die skole in die streek wat hierby gebaat het.
Kyk 'n video hieronder:
Vanaf Stilbaai gaan hulle na Struisbaai, Cape Agulhas, Hermanus en Kaapstad, waar hulle dieselfde uitreike doen en daarvandaan keer hulle terugna Saldanha waar hulle die middag deur die burgemeester ontvang sal word.
Leerders van Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai staan trots tussen die studente tydens die openingseremonie. Foto: Wilma Adamson
Lees 'n vorige artikel hier: Trans Enduro kuier op Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'