HESSEQUA NUUS - Vir die vyf jong knape van Gouritsmond was dit seker 'n droom om eendag saam met die groot manne na Oker Primêr op die bus na Albertinia te gaan.
Dit het heel vrolik op die bus gegaan, want almal het uitgesien om skool toe te gaan.
Alles het goed gegaan terwyl die mammas nog daar was, maar dit was nie lank nie toe rol die trane by sommige van die gr. R-klasse.
Die nuwe knapies kon nie verstaan dat hulle moet agterbly nie!
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester, Mias du Plessis, kringbestuurder en Koos Tarentaal, prinsipaal het by die skool opgedaag vir 'n kort besoek.
Riddles het met die kleinspan gesels en hulle aangemoedig om mooi te leer.
Deville Buis wil niks weet om agter te bly nie. Foto's: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'