HESSEQUA NUUS - Die vierde aanbieding van die Hessequa Harmoniefees het weereens vir topklas vermaak vir feesgangers van oraloor gesorg.
Die verrigtinge het Maandag, 20 September begin en Saterdag, 25 September met ’n konsert by Dasjesdrift-plaas afgesluit.
’n Groot gunsteling onder die feesgangers was die 75-jarige veteraanaktrise, Sandra Prinsloo wat soos ‘n 30-jarige die gehore met haar vertoning in “Oskar en die Pienk Tannie” met haar dramatiese vernuf trakteer het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'