SALDANABAAI NUUS - Maureen Melando (néé Pedro), oudinwoner van Riversdal is Vrydag 22 Junie in Saldanabaai oorlede.
Melando, gebore en getoë in Riversdal, bekwaam haarself as onderwyser en gee onderrig vanaf 1973 tot 1978 aan die destydse Palmietrivier NGK Sendingskool. Die skoolhoof was wyle Norman Hendricks.
Sy tree in die huwelik met Hansie, pastoor verbonde aan die Evangeliese Lutherse-kerk. Uit die huwelik word twee seuns, Marchello en Nicky gebore. Die egpaar bedien die Eureka-gemeente.
Na hul aftrede vestig die egpaar hul in Saldanabaai.
Haar roudiens het Woensdagaand 27 Junie 19:00 by die Lutherse-kerk op Saldanhabaai plaasvind. Verassingsdiens sal Saterdag 30 Junie by VGK-SA, gestig te Belhar, om 13:00 plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Saldanabaai, Hessequa nuus'