HEIDELBERG NUUS - Gideon (Bok) Liebenberg (60) is Donderdag, 4 Junie in die vroeë oggendure aan huis oorlede.
Volgens Minkie, sy bedroefde vrou het hy aan ’n waterverwante siekte gesterf.
Hy was vir ongeveer ’n week nie in ’n goeie toestand nie. Sy vertel hartseer dat sy vir hom nog kort voor sy afsterwe koffie gemaak het, maar dat hy dit nie eers klaar gedrink het nie. “Ek het gedink hy het aan die slaap geraak, maar dit was eers toe ek na hom roep dat ek toe opmerk dat hy nie asemhaal nie.
“Ek het die ambulans ontbied, maar met hul aankoms het hulle bevestig dat hy reeds oorlede is.”
Bok was vir 40 jaar by die munisipaliteit werksaam waar hy veral vir sy bedagsaamheid bekend was wanneer hy as watermeterleser inwoners se erf betree het. Hy het drie jaar gelede op vroeë pensioen afgetree.
Buiten sy vrou laat hy twee seuns en vyf kleinkinders agter.
Die verassingsdiens vind Saterdag 13 Junie om 10:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk (Wes), Andries du Toitstraat, plaas.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'