HEIDELBERG NUUS - Min mense weet dat sigaretstompies baie nadelig vir die omgewing is, omdat dit etlike jare neem om op te los.
Volgens Marzanne Carelse, omgewingsopvoedkundige beampte van die Lower Breede River Conservancy Trust (LBRCT) is sy verheug dat spesiale houers op strande en langs riviere opgerig word wat rokers kan gebruik om van hul stompies ontslae te raak.
Het jy geweet
Sigaretstompies is nie bio-afbreekbaar nie en neem 10 tot 15 jaar om op te breek.
'n Geskatte 5,6 triljoen stompies word wêreldwyd jaarliks rondgestrooi.
Stompies is die een item wat klokslag tydens skoonmaakaksies op strande wêreldwyd gevind word.
Gifstowwe in die stompies filtreer in die omgewing, veral in die waterstelsels wat dan besoedeling veroorsaak aan ons vleilande, riviere en oseane met 'n negatiewe impak op ons wildlewe habitat.
Meer houers sal in die nabye toekoms aan die anderkant van die Breederivier opgerig word. Carelse het haar dank en waardering teenoor almal uitgespreek wat tot die beskikbaarheid van die houers bygedra het.
Lees 'n vorige artikel: Tel jou stompie op
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'