ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het op Vrydag 28 Julie hul heel eerste teateraand in die skool se geskiedenis aangebied.
Daar was verskillende soorte opvoerings deur die skool se talentvolle akteurs en aktrises.
Die gehoor is baie keer in trane gelaat en hul maagspiere was ook lekker seer van die gelag.
Dit was ook die twee dramaleiers, Branville Saayman en Elzaan de Haast, albei gr. 12-leerders, se laaste optrede by die skool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’