RIVERSDAL NUUS - Grieta, Lys en Syster het tydens NG Kerk Riversdal-Wes se lentekonsert die gehoor laat skaterlag.
Woekerweek het weer aangebreek en gemeentelede moes hul talente gebruik om geld vir die kerk in te samel.
Die kerksaal was stampvol en meer kaartjies moes gedruk word. Sita se Coffee-Café was vir die aand oop en koffie, tee, sjokoladeblokkies en klein pasteitjies is verkoop.
Rolverdeling was as volg: Lys is deur Denise Kloppers gespeel, terwyl Marleen Potgieter die rol van Syster en Rina Kapp Grieta vertolk het.
Sangitems is deur verskeie lede gelewer.
Jack Schoeman het twee sangitems gelewer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'