HESSEQUA NUUS - Sy rugbyfluitjie mag nou wel stil wees, maar aan Max Baise is daar geen keer nie.
Hy vier vandag, Vrydag 24 Junie sy 90ste verjaarsdag saam met familie en vriende in Riversdal.
Max is Suid-Afrika se oudste lewende Springbok-rugbyskeidsregter en ‘n legende van die spel.
Geen ander SA-skeisdsregter het al meer toetse tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus as hy hanteer nie.
Suid-Kaap Forum en die inwoners van Riversdal salueer een van rugby se grotes en wens hom net voorspoed toe met die volgende dekade.