RIVERSDAL NUUS - Gerugte doen die ronde dat Pick n Pay op Riversdal deur die departement van gesondheid toegemaak is. Dit is egter onwaar.
Volgens Jacques Oberholzer, bestuurder, is personeel besig om die supermark ‘Covid-19-veilig’ te maak deur die hele winkel te saniteer.
Die proses het Donderdagoggend 23 April begin en die winkel sal deur die loop van die middag weer oop wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'