SUID-KAAP NUUS - Klimaatsverandering is reeds duidelik in die Suid-Kaap waarneembaar in die voortslepende droogte en verwoestende brande wat groot dele in puin lê.
Cobus Meiring van die Suid-Kaap Grondeienaarsinisiatief (SCLI) meen dit is grondeienaars se plig om toe te sien dat waterbronne versigtig bestuur en aangewend word ten einde die uitwerking van klimaatsverandering te versag.
Dit kan gedoen word deur onder meer indringerplante in berg-opvanggebiede te beheer en om grondwater versigtig te benut omdat die watertafel weens die langdurige droogte gevaarlik laag raak.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'