Jacques van Rensburg vertel: "Die roete wat ons gaan stap het was 'n belewenis. Na 'n paar warm dae, met watersuiweringsdruppels in die pens en fantastiese herinneringe het ons baie stories om te deel."
Volgens hom het mens karakter, waagmoed, 'n bietjie onderskeidingsvermoë, asook die bereidwilligheid om in 'n span te werk nodig om die berugte roete aan te pak. " 'n Goeie gids maak die ekspedisie die moeite werd. Die pak is
die maklike deel. Elke ou gaan anders wil pak, maar onthou dat jy alles - kos, klere en slaapgoed moet dra en dus so min as moontlik pak, want as jy saans jou sak neersit sal jou skouers dankbaar wees dat jy luukshede by die huis gelos het."
Die somermaande is kokend warm en soos hulle reeds in Augustus ervaar het, nie aangenaam nie. "Die Visrivier word dus net in die winter gestap. Indien daar te min drinkwater in die rivier is, sukkel almal om sonder maagpyn