Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Gevestigde inwoner van Aloe Park, Albertinia het besluit om op Erfenisdag 'n gesellige straatbraai vir nuwe intrekkers te reël, maar terselfdertyd daarmee diegene gegroet wat verhuis.
"Ek is op Albertinia gebore en getoë en woon reeds sedert 2013 in Aloe Park. Mike en Audrey du Preez is nuwe intrekkers en John en Elma Hiten verhuis binnekort. Hulle bly al vir 45 jaar op Albertinia en sedert 2008 hier. John was 'n onderwyser by Hoërskool Albertinia en het ook Engels op laerskool gegee," vertel Du Toit.
Rosemary Meyer is ook 'n nuwe intrekker, terwyl Erna Viljoen en Marissa Geel wat die straatbraai bygewoon het, reeds 'n geruime tydjie in die uitbreiding bly.
"Johan van Rensburg is nou wel nie 'n nuwe intrekker nie, maar 'n uitstekende vriend. Hy het vir die musiek gesorg en is ons bobaas-braaier. Hier is nie baie inwoners in die kompleks nie, maar dit is altyd lekker om jou bure te leer ken en op 'n mooi manier totsiens te sê aan diegene wat verhuis."
Audrey en Mike du Preez
Marissa Geel
Die braaier en die dag se DJ, Johan van Rensburg.
Erna Viljoen geniet die heerlike kos wat voorberei is.
Vorige artikel: Ons groet met 'n braai
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'