STILBAAI NUUS - Lorna Scott en Inverroche het 'n spesiale toekenning van die wetenskapsarena op Woensdag 4 Julie ontvang.
Die jaarlikse kongres vir inheemse plantgebruik (IPUF - Indigenous Plant use Forum) het verlede week op Oudtshoorn plaasgevind en die toekenning is aan Inverroche oorhandig as pioniers vir die skepping van Suid-Afrika se eerste gin wat fynbosplante as geurmiddel gebruik.
Die toekenning geskied nie elke jaar nie en is 'n groot eer vir Inverroche. Scott en Inverroche het sewe jaar gelede begin om gin te produseerwat met fynbosplante gegeur word.
Hulle was ook die eerste in Suid-Afrika en behaal groot sukses.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'