Update
STILBAAI NUUS - Stilbaai-sakekamer en toerisme het Donderdag 8 Desember die karavaanparke in Stilbaai en Jongensfontein besoek om die werknemers vir hul toewyding en harde werk te bedank.
Rachel Wall, voorsitter van Stilbaai-sakekamer, en Annerise Wolmarans, voorsitter van Stilbaai-toerisme, het sertifikate van waardering oorhandig aan die personeel van Jongensfontein-, Stilbaai- en Preekstoel-karavaanparke om hulle dank te betoon vir die harde werk en toewyding om hierdie karavaanparke sulke gesogte bestemmings te maak.
Rachel het gesê dat die besetting van die karavaanparke 'n bewys is van die kwaliteit en waarde vir geld wat aan Stilbaai-besoekers gebied word.
"Dis wel so dat die parke in 'n fantastiese omgewing geleë is en dat dit naby die strande is. Die tariewe is heel moontlik baie redelik, maar dit kan ook gesê word van die ander parke in die Tuinroete. Die verskil is die personeel in hierdie drie karavaanparke wat besoekers met entoesiasme en vriendelikheid ontvang. Die kampe se netheid en die skoon geriewe staan uit."
Rachel sê verder dat die toewyding, harde werk en entoesiasme waarmee hulle hul dagtaak uitvoer is 'n voorbeeld vir baie.
Sy het afgesluit deur 'n wyse ou man aan te haal wat gesê het: "Most people talk; you do things. Most people plan; you achieve. Most people hesitate; you move ahead. You are living proof that when human beings have the courage and commitment to transform a dream into reality, there is nothing that can stop them."
Werknemers van die Stilbaai- en Preekstoel-karavaanparke is vir hul harde werk met sertifikate beloon. Johannes van Zyl (ondervoorsitter: Stilbaai-sakekamer), Annerise Wolmarans (voorsitter: Stilbaai-toerisme), Rachel Wall (voorsitter: Stilbaai-sakekamer), Jaylene Pietersen, Doreen Rossouw, Carla Toppies, Henry Snyman (toesighouer), Colleen Esau, Alan Saayman, Gary Scholtz, Heinrich Jansen, Marina Griesel (direkteur: korporatiewe bestuur van Hessequa-munisipaliteit) en Ricardo Pulla.
Annerise het een en almal bedank vir wat hulle vermag het en dat hulle heeljaar werk het om die parke in so 'n goeie toestand te hou. Sy sê kampeerders bespreek alreeds hulle staanplekke vir die volgende jaar wanneer hulle vertrek.
Marina Griesel, direkteur: korporatiewe bestuur van Hessequa-munisipaliteit, het uitgebrei op die uitdagings wat hierdie groep mense so suksesvol aanpak - soos byvoorbeeld beurtkrag en die massas mense oor die Desember-vakansie hier toesak en hulle namens die munisipaliteit bedank vir wat hulle vir Hessequa beteken.
Ellensrust-karavaanpark in Stilbaai, met sy 336 staanplekke, en Jongensfontein met sy 121 staanplekke, is reeds vol bespreek. Preekstoel se 318 is al oor die halfpadmerk en sal heel moontlik teen Kersfees vol wees.
Vorige artikel: Stilbaai Sakekamer vereer werkers by Karavaanparke
Jongensfontein-karavaanpark se personeel het ook sertifikate vir hul toewyding ontvang. Links is Johannes van Zyl (ondervoorsitter: Stilbaai Sakekamer), Rachel Wall (voorsitter: Stilbaai Sakekamer), Loretta Riddles en Veronique Malgas. Regs staan Marina Griesel (direkteur: korporatiewe bestuur van Hessequa-munisipaliteit), Goliath Saayman, Jacob Hill, Lizette Flores, Reniel van den Berg en Annerise Wolmarans (voorsitter: Stilbaai Toerisme). Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'