Update Video
STILBAAI NUUS en VIDEO - Goeie vordering word gemaak met die R156 miljoen projek van die departement van vervoer en openbare werke om die Stilbaai-pad (R305) te rehabiliteer en verbeterings aan te bring.
Die werk het verlede jaar in Januarie ‘n aanvang geneem en na raming behoort dit vroeg in 2018 voltooi te wees.
“Die departement is bewus daarvan dat die oponthoud by die stop-en-ry punte frustrerend is, maar dit is onvermydelik. Dankie vir die motoriste se geduld,” sê Byron la Hoe, media woordvoerder.
Motoriste word gemaan om te alle tye versigtig te bestuur.
“Binnekort sal almal ‘n veiliger en meer aangename bestuursondervinding op dié pad kan geniet.”
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'