STILBAAI NUUS - Stilbaai spog met nuwe ingangsbord.
Die nuwe ingangsbord voor Stilbaai is Woensdag, 10 Augustus ingewy.
Die bord is voor die Desembervakansie verlede jaar oorgedoen.
Twee reuserpotte het staanplek weerskante van die bord gekry, gruisklippe is gegooi en gras is aangeplant.
Van links is Rudie Kleynhans (Jongensfontein-betonprodukte), Rachel Wall (Stilbaai-sakekamer voorsitter), Maryke Kleynhans (Jongensfontein-betonprodukte), Annerise Wolmarans(Stilbaai-toerisme), Hein Faber (landskap argitek), Mariana Dippenaar (Stilbaai-tuinbouklub) en Charlotte Michiel (parke en openbare geriewe: Hessequa-munisipaliteit).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'