STILBAAI NUUS - Stilbaai groei met rasse skrede, maar daarmee saam word verkeersdruk al hoër – en nie net tydens vakansies of langnaweke nie.
Inwoners van Stilbaai-Hoogte is al raadop omdat hulle voel dat die provinsiale paaiedepartement, asook Hessequa-munisipaliteit hulle nie aan 'n meer-groeiende verkeersprobleem in dié omgewing steur nie.
Die Hoogte-bewoners het aanvanklik vir 'n sirkel gevra, maar dit is egter te duur. Hulle vra toe vir 'n drierigting-stop, maar dit is blykbaar ook afgeskiet.
Die volgende voorstel is verkeerskalmering van herwinde plastiek wat oor die pad gelê word soos 'n hobbel en wat aan die padoppervlak vasgebout word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'