Gallery
STILBAAI NUUS - Natuurtonele, die see, diere, mense - kunstenaars van Stilbaai het weereens bewys dat hier geen gebrek aan talent is nie.
Werke van nege kunstenaars was tydens 'n uitstalling in Jagersbosch se Waenhuis op Saterdag 20 April ten toon gestel.
Skilderye van Lidia Coetzee, Fanie Swanepoel, Leslie Damon, Dan van Graan, Martine Zandt-Verriest, Madelein Kok, Karin Frehse en Margie Smith, asook beeldhouwerk van AJ Coetzee was te sien.
Coetzee vertel dat 'n groepie kunstenaars in Maart besluit het om 'n nuwe kunsvereniging in die dorp te stig, nadat die vorige groep doodgeloop het. Belangstellendes kan Anita Barnard by 071 917 5137 skakel.
•Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'