STILBAAI NUUSFLITS - ’n Opgradering- en instandhoudingprojek by die plaaslike hawe sal ongeveer R7 miljoen kos en word deur die nasionale departement van openbare werke finansier.
As gevolg van sand wat met tyd opgehoop het, moet die nodige instandhouding gedoen word.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester, asook raadslede Tinus van den Berg en Ben Smith is opgewonde oor en ondersteun die projek.
Die nodige omgewingsgoedkeuring is verkry en sal vissermanne nie negatief beïnvloed nie, volgens Johan Jacobs, munisipale bestuurder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'