STILBAAI NUUS - Stilbaai Galery het met hulle nuutste uitstalling daarin geslaag om digkuns en skilderkuns harmonieus bymekaar te bring. Hulle noem die uitstalling, Haiku. Dit is die Japannese visuele vorm van digkuns.
Haiku bestaan uit drie kort reëls wat die natuurlike verbeelding vrye teuels gee.
Aangesien dit baie moeilik is om Haiku-digkuns te vervolmaak sonder die aanwesigheid van die natuur, vorm dit die kern van die uitstalling.
Daar kan nie digkuns wees in die afwesigheid van die natuur of mooiheid nie en die mens het mooiheid nodig vir hoop en kreatiwiteit.
Die uitstalling is nog te sien tot einde Mei, maar 'n versamelaar het almal verras en amper die helfte van die uitstalling, wat verskeie skilders se werke insluit, vir sy nuwe woning in Stilbaai gekoop.
Die gallery is in Stilbaai-Oos in Oslerstraat geleë en die eienaars Nadine Hansen en Ingrid Smit is twee vriendelike skilders wat jou graag van hulp wil wees.
Nadine Hansen, mede-eienaar, gesels met 'n besoeker.
Stilbaai Galery se nuutste uitstalling, genaamd Haiku, is 'n Japannese visuele vorm van digkuns.
Richard Webb van Stilbaai gesels met Johan Basson, 'n besoeker van Oudtshoorn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’