STILBAAI NUUS - Vakansiegangers wat Vrydag, 17 Desember na Stilbaai en Jongensfontein onderweg was, was aangenaam verras toe hulle by Stilbaai se ingang, duskant die brug oor die Goukou met welkompakkies begroet is.
Stilbaai-sakekamer en -toerisme, asook raadslede van Hessequa-munisipaliteit het vanjaar weer die pakkies uitgedeel, wat opgemaak was deur skenkings van plaaslike besighede.
Hulle is bygestaan deur Hessequa se wetstoepassers wat die verkeer behendig reguleer het sodat alles vlot kan verloop.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'