STILBAAI NUUS - Daar was behoorlik 'n gewerskaf by die afrit vanaf die N2 na die R305 waar Stilbaai se bootjie reeds vir jare 'n baken is.
Vir baie is die bootjie die verwelkoming na 'n welverdiende vakansie. Die plaaslike sakekamer het Dinsdag 11 September met die hulp van mense uit die gemeenskap die bootjie skoongemaak, die kabels wat dit vashou vervang en onkruid verwyder.
Hoewel 'n vullisdrom onlangs ook daar aangebring is, word rommel egter steeds rondgestrooi en dit is ook opgeruim.
'n Beroep word op almal gedoen om van die vullisdrom gebruik te maak om sodoende rommelstrooiery te voorkom.
Stilbaai-sakekamer bedank almal wat deurentyd ook hier stop en opruim, sodat dié bekende baken 'n netjiese verwelkoming kan bied.
...en daarna
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'