HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het met ingang van 1 Augustus vanjaar 'n e-werwingstelsel bekendgestel. Die doel daarvan is om dit vir aansoekers makliker en vinniger te maak om vir betrekkings aansoek te doen.
Wanneer 'n profiel op die webtuiste geskep word, kan kandidate aansoek doen, sonder om elke keer 'n aansoekvorm te voltooi en afskrifte van hul kwalifikasies en Curriculum Vitae (CV) te maak en in te dien.
Sou 'n kandidaat registreer en 'n profiel op die e-werwingsplatform skep, word die CV en kwalifikasies een keer elektronies opgelaai. Die inligting word op die stelsel geberg en 'n persoon kan enige tyd hulle inligting opdateer.
Alle advertensies sal soos gewoonlik op die webtuiste besigtig kan word en kandidate kan met die druk van 'n knoppie vir poste aansoek doen. Dit gaan vir aansoekers baie makliker wees om op hierdie wyse aansoek te doen.
Aansoekers kan op rekenaars, tablette en selfone registreer en 'n profiel skep.
Besoek die Hessequa-munisipaliteit webwerf en volg die aanwysings om te registreer.
Opgeleide persone is by e-sentrums, biblioteke en die menslike hulpbronbestuurkantore beskikbaar om belangstellendes met die proses behulpsaam te wees.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'