STILBAAI NUUS - 'n Besluit oor voorstelle wat ongeveer 'n jaar gelede tydens 'n openbare vergadering oor ontwikkeling op Julie-se-Baai ingedien was, is nog nie geneem nie.
Anton Pieterse het 'n bootwinkel, bootdiensplek, onderdak boot stoorgeriewe en 'n museum met die geskiedenis van vissermanne voorgestel, terwyl Jan Heenop 'n konferensie- en opvoedkundige fasiliteit, asook 'n glamping-gedeelte voorgestel het.
Die item was aan die wykskomitees van wyke 1 en 3 gedurende Junie vanjaar voorgelê.
"Een van die wykskomitees het ongelukkig nie ? kworum gehad nie, wat beteken dat die item na die volgende wykskomitee-vergadering moet oorstaan," het Didi Budricks, hoof van openbare betrekkinge, administrasie en hulpdienste gesê.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'