Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die KANSA-pretloop wat elke jaar in getalle en gewildheid toeneem, het vanjaar weer honderde ondersteuners gelok.
Die deelnemers het vroegoggend op Saterdag 27 Oktober by die skougronde begin saamtrek om die pretloop ten bate van KANSA te ondersteun.
Oud en jonk het die ses kilometer deur die dorp na die eindpunt by die gemeenskapsaal aangedurf.
Baie deelnemers het prettige kostuums gedra, groepe vriende het as spanne ingeskryf en families het spesiale hempies laat maak.
Selfs inwoners wat nie gereelde stappers is nie, het uitgekom om deel te wees van die feestelikheid.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'