HESSEQUA NUUS - Hoewel daar verlede week slegs 6,6 mm reën in Riversdal se opvangsgebied geval het, het daar 114 mm reën in September oor die gebied geval.
Al die opgaardamme in Hessequa is vol met die Korentepoortdam wat van 97% twee weke gelede tot 105% gestyg het.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
26 September
- Korentepoortdam - 105%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
2 Oktober
- Korentepoortdam - 103%
- Duivenhoksdam - 107,3%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’