HESSEQUA NUUS - Daar het die afgelope week 16 mm reën in Riversdal se opvanggebied geval.
Dié maand het reeds sowat 58,2 mm reën hier uitgesak. Feitlik al die damvlakke is vol, maar Olive Grove staan steeds op 95%.
Die jongste stand van damme:
5 Junie
- Korentepoortdam - 100%
- Duivenhoksdam - 100,6%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
12 Junie
- Korentepoortdam - 101%
- Duivenhoks dam - 101,1%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’