HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike landdroskantoor wat voorheen een van dié dorp se pragstukke was, is nou een van die mees verwaarloosde persele op die dorp.
Die toestand van die gebou en tuine wat menige toeris gelok het om foto's op die perseel te neem, het oor die afgelope jaar of twee erg skade gely.
Dié toedrag van sake het veral oor die laaste ses maande hewig toegeneem.
Inwoners het aan Suid-Kaap Forum genoem dat veral die tuin 'n aantrekkingskrag vir foto's was toe Jaffie Sylvester en Magdalena (Laasie) Linde, wat voorheen onderskeidelik 'n skoonmaker en klerk by die hof in diens was. Laasgenoemde het oor naweke ook die tuin versorg.
Die toestand van die gebou buite is ook in 'n haglike toestand. Die geute by die agterdeur dien nou as blombak vir 'n 1,5 m hoë boom en plante groei in die gebarste mure.
Die koerant het navrae aan Mariette Jonck, bestuurder op Riversdal en waarnemende bestuurder op Heidelberg, Mogammed Cerfonteyn, areabestuurder: George, asook aan adv. Hishaam Mohamed, Wes-Kaap bestuurder gerig, maar teen spertyd geen terugvoering ontvang nie.
'n Navraag oor die toestand van die landdroshuis in Reitzstraat, Riversdal is ook aan Mohamed gestuur, sonder enige terugvoer.
Die haglike toestand van die geute en mure.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'