Gallery
HEIDELBERG NUUS - Vanjaar se jaarlikse sportdag in Heidelberg wat die afgelope twee jaar nie kon plaasvind nie, is ter ere van ‘n Slangrivier-legende, wyle Gert Boezak gevier.
Boezak was 'n bekende boukontrakteur en gemeenskapsaktivis, asook die pa van Gerald Boezak, wyksraadslid en lid van die burgermeersterskomitee, wat as gasspreker opgetree het.
Die verrigtinge het gedurende die naweek van 28 en 29 Oktober plaasgevind. Die JF Neumann Memorial Congregational Kerk is die begunstigdes van die geld wat geïn is.
FOTOGALERY: Sportdag ter ere van wyle Gert Boezak
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'