Gallery
STILBAAI NUUS - Bertie Bernard het Saterdag 24 Maart hul eerste Boshoff Visser-sportdag op Stilbaai se sportgronde aangebied.
’n Totaal van 21 rugby- en 28 netbalspanne het teen mekaar meegeding.
Laerskole Koedoeskop (Thabazimbi), Volschenk (Riversdal), Vorentoe (Groot-Brakrivier), Blanco en Outeniqua (George), Milkwood Primary en Curro (Mosselbaai), asook Bertie Barnard was teenwoordig.
Skoolhoof Nicky Deetlefs het gesê dat dit hul wens is dat dié dag ook in die toekoms ’n blywende en positiewe impak kan lewer tot die ontwikkeling en vorming van elke netbal- en rugbyspeler wat die dag bygewoon het.
Hy het sy dank uitgespreek aan elke deelnemer, afrigter en ouer vir hulle positiewe bydrae tot die dag en ’n besondere woord van dank aan die borg, Boshoff Visser finansiële dienste wat dit moontlik gemaak het.
’n Totaal van 21 rugby- en 28 netbalspanne het teen mekaar meegeding.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'