Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike verkeersdepartement, in samewerking met personeel van die provinsie, asook Heidelberg- en Riversdal-polisie het Vrydagoggend 18 Augustus ‘n spesiale padblokkade met slegs damespersoneel op die N2 gehou.
‘n Klein geskenkie is aan vroulike motoriste oorhandig.
Hessequa-burgemeester, Grant Riddles was teenwoordig om met die uitdeel van die geskenkies te help. Hy het die dames vir die uitmuntende en goeie diens bedank wat hulle in die Hessequa-gebied lewer.
“Ek is trots op julle. Jul stel ‘n goeie voorbeeld met die werk wat jul daagliks verrig," het hy gesê.
Padgebruikers is gemaan om veilig te bestuur, padreëls te gehoorsaam en bestuurderslisensies en motorvoertuiglisensie-skyfies is nagegaan. Die hoof:
Beskermingsdienste, Adneshel Voss het die inisiatief met die oog op Vrouemaand gereël wat in Augustus herdenk word.
Van links is Adri Saayman, Mbiyo Noluvyo, Janine Jacobs, Herchel Herling, Karin Pretorius, Grant Riddles, Salome Erasmus, Thabisa Balikele, Esme Petersen, Elmarie Cloete en Anika du Preez.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'