Gallery
RIVERSDAL NUUS - Na verwagting het sowat 2 000 mense Riversdal die afgelope naweek binnegevaar om die jaarlikse Spar-sportnaweek by te woon.
Bykans 1 800 laerskoolleerders van 23 skole uit die Kaap, Hessequa, die Boland en Tuinroete het verlede Vrydag en Saterdag aan die netbal en rugby deelgeneem.
Dit was die 20ste jaar wat die toernooi deur Spar by Laerskool Volschenk en Hoërskool Langenhoven aangebied is.
Hugo Redelinghuys het die aksiefoto's gaan neem.
FOTOGALERY: Jaarlikse Spar-sportnaweek goed ondersteun
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’