STILBAAI NUUS - Stilbaaiers kan op Donderdag 11 Mei, vanaf 18:30 ‘n uitsonderlike geleentheid in die plaaslike gemeenskapsaal beleef: koormusiek deur die Stilbaai Sangers uit musiekblyspele soos The Sound of Music, Oklahoma, Cats, Mama Mia, Paint your Wagon, West Side Story en Phantom of the Opera.
Die Stilbaai Sangers is in September 2021 gestig en bestaan uit drie kore wat met verskeie van hul optredes telkens vol sale getrek het.
Geen kaartjies word vir enige optrede verkoop nie, maar gehore word gevra vir ‘n vrywillige sagte-kollekte.
Nadat alle onkostes verhaal is, word die balans van fondse wat ingesamel word aan verskeie gemeenskapsorganisasies in Stilbaai en omgewing geskenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’